MCSA Worcester

Die naweek, 15-17 Desember 2023, het 7 stappers is die ou Kaap roete gestap in die Sederberg. Dit is nie te lank terug weer mooi oopgekap. Dit is geleë aan die onder-vallei van die Breekkrants area van waar jy uit die kloof kan opklim en roete vind na Breekkrants “twins” en Apex toe. Ons het die area verder verken en aangestap met die pad tot aan die agterkant van Donkerkop met n baie mooi uitsig oor sneeukop. Daar is lekker langs die rivier gekamp en die res van groep het ook lekker in die rivier geswem wat tussen Breekkrants en Apex afkom. Ons het by die grootste en mooiste waterval Sondagoggend tyd spandeer. Ons het geswem in die poel en ook gestort onder die waterval wat ons gesien het oppad na ons beplande kamp toe. Daar is ook ou bouvalle om te sien wat al vervalle is. Dit is definitief iets wat die Bergklub weer moet doen.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Scroll to Top